Ons Storie - VRG3

Go to content

Main menu:

Ons Storie

Volg Jesus > Gebedsbediening
Psalm 62: 8-9: ”God is my redding en my krag; God is my sterke rots en my toevlug. Vertrou
op Hom te alle tye, my volk, stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug.”
Wat ‘n troos hierdie tyd van die jaar! As alles te veel word, nooi God ons uit om na Hom toe
te kom en ons hart voor Hom uit te stort.
Gebed: “Here, baie dankie vir die wete dat ons enige tyd na U toe kan kom, dat U ons rots
en toevlug is. U is ons Bron van krag. Vergewe ons wanneer ons op ons eie kragte probeer
staatmaak. Heilige Gees, herinner ons gedurig dat die Vader altyd vir ons wag om
tot Hom te nader. Jesus, skenk ons U liefde en toewyding elke dag.
In Jesus se Naam. Amen.”
 
Back to content | Back to main menu